Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Saterdag 20 Mei 2017

Die doel van die "Wegraping" / Wanneer sal dit plaasvind?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/god-is-nie-n-god-van-dooies-nie-maar.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/die-tyd-is-naby.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die DOEL van die  "WEGRAPING":
--------------------------------------------
Die woord "wegraping" kom nie in die Bybel voor nie, alhoewel die woord "weggevoer" in 1 Thess. 4:17 ("caught up") in die Grieks die woord "har-pad-zo" is, wat beteken  "catch (away/up); pluck; pull; take (by force)".  Dit dan waarvandaan die woord "wegraping" kom, maar sommige hou nie daarvan dat die woord gebruik word nie omdat dit baiemaal verbind word met valse leerstellings oor die betrokke gebeurtenis. 
-------------------
 
Die "wegraping" (as ons dit so wil noem) is wel iets wat sal gebeur!, maar moet gesien word as DEEL VAN "DIE OPSTANDING" (Jes. 26:19; Openb. 1:18).  Met Christus se wederkoms sal 
(1) die wat in Christus gesterf het (eerste) opstaan (en hulle sal nuwe liggame kry), en 
(2) dan "die wegraping... - dan sal gelowiges wat nog in die lewe is, ook nuwe liggame kry... (1 Thess. 4:13-18): (1Th 4:17) " Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees"

In hierdie pos kyk ons veral na DIE DOEL van die "wegraping", want as ons kan verstaan WAAROM daar 'n wegraping gaan plaasvind, sal ons nie so maklik val vir valse leerstellings nie. Bv., die doel vd wegraping is nie om die groot verdrukking vry te spring (soos sommige leer) nie..., maar vind bv. eers plaas onder die 7de seel!, en IS DEEL VAN "DIE OPSTANDING"!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die doel van die wegraping? 
Hoekom "sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word..."?

(1) Die eerste deel van die antwoord kan gekry word in die laaste deel van 1 Thess. 4:17:
- "EN SO SAL ONS ALTYD BY DIE HERE WEES" (die vraag is nou, waar gaan Jesus wees? - l.w., nie in die hemel nie, maar op aarde...). (1Kor.15:50) - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie". 
 (2) Ons moet ook die gedeelte in konteks lees:  (1Th 4:13)  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.(1Th 4:14)  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.(1Th 4:15)  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. In konteks gaan dit daaroor dat "die wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here" nie die ontslapenes sal voor wees nie. Die onslapenes sal eerste opstaan, en dan die wat nog in die lewe is... Die doel is dus dat hulle ook sal deel he aan "die opstanding". Wat is die doel vd opstanding? DIT IS DUIDELIK DAT DIE DOEL VD WEGRAPING IS OM OOK NUWE LIGGAME TE KRY, NET SOOS DIE WAT OPSTAAN UIT DIE DOOD NUWE LIGGAME KRY. 

 (3) Vgl. dit met 1 Kor. 15:51-57:  ("Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word ("die opstanding"); en ons sal verander word ("die wegraping")Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word (L.W. - DIE DOEL VD OPSTANDING EN WEGRAPING! - NUWE LIGGAME - OORWINNING OOR DIE DOOD). En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus").  Ons leer dus uit hierdie skrif dat die "eerste opstanding" gaan oor die finale oorwinning oor die doodLet wel: (1)  - "en die dode sal onverganklik opgewerk word; (2)  -  EN ONS SAL VERANDER WORD". Hoekom die "opstanding" of "verandering" ???  -kyk die woorde: "die dood is verslind in die oorwinning". Met hierdie opstanding of verandering (wegraping) is die dood finaal verslind!  Dus, ons sal NUWE LIGGAME kry, sonder die angel van die dood en die sonde. (Fil. 3:20)  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, (Fil. 3:21)  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer sal die wegraping plaasvind?
(Mat 24:29) " En dadelik  die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
(Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
(Mat 24:31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan".   (Kyk ook Mark. 13:24-27).

Dit is duidelik dat die opstanding (en dus die "wegraping") eers sal plaasvind met Jesus se wederkoms.  (Daar is baie wat beweer dat die wederkoms in twee dele gaan geskied, tog vind ons geen skrif daarvoor nie!).   Kyk gerus ook (1Kor. 15:51,52 - "Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word")(1 Thess. 4:16; ).

Die DOEL VAN DIE "WEGRAPING" is NIE om die groot verdrukking vry te spring soos sommige leer nie, maar IS DEEL VAN DIE OPSTANDING (en die wat in Christus gesterf het sal EERSTE opstaan, en daarna "die wegraping" - die Christene wat nog in die lewe is wanneer Christus terugkom. SIENDE DIE OPSTANDING PLAASVIND ONDER DIE 7DE SEEL MET JESUS SE WEDERKOMS, SAL DIE WEGRAPING OOK DAN PLAASVIND (want die opstanding is eerste, en dan die wegraping).  1 KOR 15 bevestig ook hierdie feit!  BY DIE LAASTE BASUIN SAL DIE DODE ONVERGANKLIK OPGEWEK WORD, EN DAN SAL DIE WAT IN DIE LEWE OORGEBLY HET, VERANDER WORD... (hierdie verwys natuurlik almal na GEROEPENES). Ons leer dus ook o.a. hier dat daar wel nog Christene in die lewe sal wees met die tyd van die WEDERKOMS (L.W. DAT die wederkoms plaasvind onder die 7 de seel, onder die 7de basuin...)  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/07/die-geklank-van-die-basuin.html).

Sommige kerke leer dat die wegraping eerste sal plaasvind en daarna "die opstanding"...(?), MAAR volgens 1 Thess. 4 is dit wat hulle leer in teenstelling met wat die Skrif leer. Ons moet ag gee op wat hier geleer word oor die opstanding. Wat daar bv. verduidelik word is dat ons nie hoef te treur oor die wat reeds ontslaap het asof daar geen hoop is vir hulle nie, want God sal "die wat in Jesus Christus ontslaap het, saam met Hom bring" ! (1 Thess. 4:14; 3:13)(wat terloops miskien as bewys gesien kan word dat hulle op die oomblik in gees -maar nie in liggaam, want die liggaam is in die graf...- by die Here in die hemel is, maar geleerdes verskil hieroor). Hy verduidelik dit verder deur te sê:  "en die wat in Christus gesterf het, sal "eerste opstaan"....
"daarna sal ons wat in die lewe oorbly.....saam weggevoer word...." (v.17)(wegraping). 

(vir 'n dagstukkie, waarin die vraag "waar Christene vir ewig sal bly?" behandel word, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
Die "wegraping" gaan oor geroepenes wat nog in die lewe is wanneer Christus terugkom.
Die wegraping is deel van die opstanding (opstanding van die wat ontslaap het, en dan verandering van die wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom.
Die wegraping sal plaasvind by die laaste basuin (maw 7de) onder die 7de seel (met Jesus se wederkoms).
Die doel van die wegraping is om die dood te oorwin, net soos die doel van die opstanding... (sal nuwe liggame kry). Ons onverganklike liggame nodig om te kan ingaan in die koninkryk van God.
Die wat opstaan tot lewe/weggeraap word, sal vir altyd by die Here wees. 

Besudeer gerus ook hierdie poste om beter te verstaan:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE "WEGRAPING" IS NIE BEDOEL OM DIE VERDRUKKING VRY TE SPRING NIE:
Ons moenie die "wraak van God" verwar met die Groot Verdrukking nie. Omdat sommige hierdie twee met mekaar verwar, dink hulle dat Christene weggeraap sal word voor die Groot Verdrukking begin. Maar soos ons bo gesien het, sal die wegraping eers plaasvind wanneer Christus Jesus terugkom (l.w., "met die laaste basuin"!), EN IS DEEL VAN "DIE OPSTANDING"!  (maar die Groot Verdrukking vind plaas onder die 4de en/of 5de seel - terwyl die opstanding en "wegraping" plaasvind onder die 7 de seel (Matt. 24:21; Openb. 7:14 en vgl. met Openb. 6))(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html)
========================================================================
Kom ons kyk na nog voorbeelde van skrifte oor die wegraping wat somtyds verkeerd geinterpreteer word:

-(1) (1Th 1:10)  "en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos"  - (hierdie skrif word ook somtyds verkeerd verduidelik en uit konteks geneem, en as bewys voorgehou dat die Christen nie deur die Verdrukking gaan nie omdat hy nie onderwerp is aan God se toorn nie....?).

MAAR WAT IS "GOD se TOORN" WAARNA VERWYS WORD IN HIERDIE GEDEELTE?
Voor ons daarby kom, moet ons eers hierdie skrif in konteks lees - dit handel oor ware voorbeeldige gelowiges wat die woord in baie VERDRUKKING ontvang het (v.6), hulle van afgode bekeer het en die lewende en waaragtige God dien. Dit praat dus oor die feit dat hulle die Here verwag asook die saligheid in Christus Jesus, wanneer (l.w. die woorde!)- "die dood verslind word deur die oorwinning" -  dus handel die vers wel oor Jesus Christus se wederkoms, maar hoekom die Christen daarna uitsien, is nie omdat hy die verdrukking gaan vryspring nie, maar omdat "die verganklikheid beklee gaan word met die onverganklikheid" (...dood verslind!). Hierdie "toorn" verwys na die ewige oordeel - die wat nie opstaan tot lewe (met die onverganklikheid beklee word) nie, sal in die ewige oordeel gaan... Deur die opstanding of "wegraping" gaan die wat "opstaan tot lewe" VERLOS WORD VAN DIE TOEKOMSTIGE TOORN (nl. die EWIGE OORDEEL)(die dood is dan verslind). 

(2) 1Th 5, v.9 en 10, (wat ook gaan oor die tema van "toorn"): 
"Want God het ons nie bestem tot toorn nie, MAAR om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak (die gelowiges wat nog oor is met Jesus Christus se wederkoms) en of ons slaap (die wat ontslaap het in Christus Jesus), saam met Hom kan lewe". "Toorn" in hierdie skrifgedeelte lyk of dit as die teenoorgestelde genoem word van "om saligheid te verkry", m.a.w. die "toorn" hier verwys na die tweede dood (nie na die groot verdrukking nie! As die doel van die "wegraping" was om die verdrukking vry te spring maak dit glad nie sin nie, want die wegraping word in dieselfde konteks genoem as die "eerste opstanding" - dit behels nie net die wat in die lewe oorbly nie, maar ook die ontslapenes in Jesus Christus, wat eerste  sal opstaan, en daarna sal die wat in die lewe oorbly, se liggame verander word en weggeraap word "...sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie"-  ons moet die konteks onthou waarin dit geskryf is!   Word die ontslapenes opgewek om die verdrukking vry te spring? - nee...).

(Openb. 11:15)  En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
(Openb. 11:16)  En die vier en twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê:
(Openb. 11:17)  Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.
(Openb. 11:18)  En die nasies was vertoornd, en U TOORN HET GEKOM 
-  en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, 
-  en om die verderwers van die aarde te verderf.

(3) (2Th 2:6-8)  "En nou, julle weet wat hom (die antichris) teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak"  - baie Christene hou hierdie skrif voor as 'n bewys vir hulle teorie dat die kerk "uit die weg geruim moet word", en dan  d.m.v. "die wegraping", voordat die Antichris sy verskyning maak....  Wanneer ons egter die skrif in konteks lees, sal ons 'n ander prentjie kry:  let op v. 1 - "Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom (wegraping)";  kyk verder v. 3, "Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf"  -  DUS:  die volgorde as volg:
(1)  eers die afval;  
(2)  dan die seun van verderf geopenbaar;  
(3) daarna die:  wederkoms + ons vereniging met Hom. 

(4) (Luk 21:36) - "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"  - ook hierdie vers word somtyds as bewys aangewend om sogenaamd aan te dui dat die kerk die verdrukking ontvlug.  Weer-eens moet die skrif in konteks gelees word.  Verse 34 en 35: "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nieWant soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon" - hierdie skrif praat van die wederkoms (nie van 'n tyd voor die wederkoms nie, maar wel daardie dag wanneer Jesus Christus terugkom en ons waardig moet wees om Sy oordele te ontvlug) - 1 Kor. 15:52.  (Luk 21:28 - "En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is").  Lees gerus die hele Luk. 21.

(5) 'n Ander gedeelte wat gebruik word is Luk. 18, die gelykenis van die onregverdige regter...  (Luk 18:7)  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?"  Dit moet ook saam met vers 8 gelees word:  "Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?".  Dit praat, weer-eens, van die wederkoms  en van hoe "lankmoedig" die Here met ons is...  As dit dan verwys na die feit dat Hy ons sal help en "reg doen aan ons" teenoor ons teeparty - "sal Hy wel die geloof op die aarde vind?";-  ook gee dit geensins voor dat ons nie vervolging waardig is nie, en is nie in stryd met Jesus se woorde nie:  (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar").

(6) 'n Ander skrif wat ook graag gebruik word, is Mat 24:22 - "En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word- l.w. die woorde:  "ter wille van die uitverkorenes" en "dae verkort word";  nie, "uitverkorenes sal weggeruk word" nie!  Dus is ook hierdie skrif nie 'n bewys van "wegraping voor verdrukking" nie;  inteendeel, lees die vorige vers waar Jesus reeds praat van die Groot Verdrukking...
____________________________________________________________________________________
(Openb. 20:6)  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank". 

http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html
____________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking