Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Vrydag 19 Mei 2017

Wie is die Bruid van Christus?

Ons sien die aankondiging van die bruilof vd Lam in Openb. 19:7 - "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak" (vgl. met Jes. 25:6). 

Maar wat presies is hierdie "bruilof van die Lam"?  En wie is die vrou van die Lam?  In Openb. 21:9 word die stad, die Nuwe Jerusalem "die vrou van die Lam" genoem, en word ook genoem "bruid", maar ons weet dat dit eers aan die einde van die volgende eeu (aan einde van Christus se 1000 jaar Ryk) is, met die nuwe hemel en aarde, wanneer hierdie bruid, die Nuwe heilige Jerusalem, sal neerdaal uit die hemel op die aarde.  Die aankondiging hierbo in Openb. 19 is egter met Christus se wederkoms, met aanvang van die "volgende eeu" (aan die einde van "hierdie eeu", nie die einde van die volgende eeu nie).  "Vrou" in hierdie twee skrifgedeeltes verwys beslis na twee verskillende geleenthede - (1) "met wederkoms", aan einde van huidige eeu; (2) aan einde van volgende eeu, met nuwe hemel en aarde.  

Wanneer Christus terugkom sal daar 'n bruilof wees (die bruilof van die Lam), maar wie is "Sy vrou"?  Met wie sal Hy Hom "trou"?  M.a.w., "WIE IS DIE VROU VAN DIE LAM"?  

In Openb. 21:9 (einde van volgende eeu) is die nuwe stad Jerusalem DIE VROU VAN DIE LAM, maar wie is "die vrou van die Lam" in Openb. 19:7 (aan die einde van hierdie eeu)?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christene is oor die algemeen van mening dat hulle die "vrou van die Lam" is. Gesien dat "die nasies van die wat gered word,  in die lig van die stad Jerusalem sal wandel"... (Openb. 21:24), kan ons sê dat die kerk beslis deel is van die vrou/bruid, maar is daar enige Skrif wat verklaar dat die Christelike kerk inderdaad die bruid is?, want nêrens in die Skrif  word Christene"bruid" genoem nie!; alhoewel Die stad, die Nuwe Jerusalem "die vrou van die Lam", en "bruid", genoem word;  MAAR die beeldspraak van "vrou" word ook gebruik vir die volk en land Israel! Die tema van "aan wie die Here Homself sal TROU", het te doen met die verbond wat die Here met die volk gesluit het. Wanneer Christus terugkom, sal Hy Homself TROU aan die volk en land:   
-(Isa 54:5 - "Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word").  
-(Jes. 62:4 - "Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees. (rol af vir meer skrifte).
Christene uit die heidene word ook ingedoop in hierdie volk (aan wie die belofte gemaak is dat hulle sal erf)(Rom. 11), en is geestelik deel van die nageslag van Abraham (Gal. 3:29), en geestelik "kinders" van Christus Jesus (die Seun van Dawid).  En die Christen-volk word verder gesien as 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry...(1 Pet. 2:9). 

Dus, alhoewel die Christelike kerk NIE die "bruid van Christus" genoem word in die Skrif nie, is hulle wel deel van die volk wat gaan erf, en deel van die "vrou van die Lam". Maar die klem moet gele word op die feit dat die Here Hom met DIE LAND sal trou, want baie Christene dink dat hulle soos 'n bruid sit en wag vir die Here om hulle te kom haal sodat hulle vir ewig in die hemel by Hom kan wees.....(!?), MAAR as ons verstaan dat DIE LAND (Israel) DIE VROU is, dan sal ons verstaan dat om "by Hom te wees" sou beteken dat ons "by Hom is OP DIE AARDE" wanneer Hy Hom met die LAND "trou"! (nie in die hemel nie)(Jes. 62:4).  Ook, as ons verstaan dat DIE VROU (of bruid) die Nuwe Jerusalem is, WAT TERLOOPS VANUIT DIE HEMEL OP DIE AARDE SAL NEERDAAL, dan verstaan ons dat ons vir ewig op die AARDE gaan lewe! (nie in die hemel nie). Daar is 'n rede waarom Christene nie as die "bruid van Christus" aangespreek word in die Skrif nie (alhoewel hulle hul verbind aan die Here soos " 'n vrou haarself aan 'n man verbind");  en soos ons kan sien kan dit tot gevolg he dat ons nie verstaan waaroor die koninkryk van die hemele gaan as ons nie die regte terme gebruik nie.  Dat Christene deel is van die vrou van die Lam, is nie verkeerd nie, maar terme wat ons liewer vir Christene moet gebruik, en terme wat ook veral gebruik word vir Christene in die Skrif, is terme soos "genooides" (Matt. 22:8; Luk. 14:17), "diensknegte" (Matt. 13:27; 18:23; 21:34; 22:3; 25:14; Openb. 1:1...), "vriende" (Joh. 15:13,14,15; Luk. 12:4;) en "bruilofsgaste" (Matt. 9:15)!  Iemand wat uitgenooi is na 'n bruilof, en self 'n "bruilofsgas" of "genooide" genoem word, of vriende of diensknegte is, is tog nou nie self die bruid nie...  As ons onsself noem soos die Skrif ons noem, dan sal ons baie meer verstaan waaroor die evangelie van die koninkryk gaan...  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat leer die Bybel vir ons oor: 
--------------------------------------
Wie is die bruidegom?  = Jesus Christus (Joh. 3:29; Luk. 5:34,35; Mark. 2:19,20; Matt. 9:15...).  Wanneer Jesus gepraat het oor die "bruidegom", het Hy na Homself verwys:  (Mar 2:18,19)  "En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie".  Johannes het ook daarvan getuig dat Jesus die "bruidegom" is: (Joh 3:28,29)  "Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is. Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome". - nie eens Johannes noem homself deel van die "bruid van Christus" nie, maar eerder, " 'n vriend van die bruidegom".

Kom ons kyk na 'n paar skrifte waar Christus die bruidegom genoem word, en sien of die kerk van Christus in hierdie skrifte bruid genoem word?:
* (Joh 3:29 - "Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome"). -  In hierdie skrif noem Johannes die doper homself NIE "bruid" nie, maar liewer, "vriend"!  
* Ook in die gelykenis van die 10 (diens)maagde (Matt. 25) word Christus voorgestel as die Bruidegom,  en l.w. dat ook hier word Christene nie die bruid genoem nie, maar (diens)maagde (diensknegte).  
*  Matt. 9:15 - die dissipels word "bruilofsgaste" genoem, nie "die bruid" nie.  

Baie Christene dink vandag dat ons vir ewig in die hemel gaan bly... en verstaan nie dat ons DIE AARDE gaan beerwe nie (Matt. 5:5).  Ons is genooi na die BRUILOF VAN DIE LAM (wat op die aarde sal wees!).  En ons sal woon in die nuwe Jerusalem (wat op die nuwe aarde sal neerdaal!).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
  -  Wie is die vrou (en bruid)?  - die heilige, nuwe Jerusalem wat uit die hemel sal neerdaal aan die einde van die volgende eeu (Openb. 21:2,9,10)

-  Wie anders word ook vrou/bruid genoem?  - die volk en land Israel, aan wie die Here Jesus Christus Homself sal TROU wanneer Hy terugkom (Openb. 19:7)

Sommige reken dat die BRUILOF VAN DIE LAM sal plaasvind tydens die Groot Verdrukking, maar ons sien dat die "bruilof van die Lam" eers gereed is en aangekondig word in Openb. 19:7, onder die 7 de seel, NA die "val van Babilon", voor/met die wederkoms! - dus NA die verdrukking - ons verwag dus die "bruilof van die Lam" rondom die tyd van die wederkoms, seker na die slag van Armageddon, maar die skrif is nie duidelik oor presies wanneer dit plaasvind nie, alhoewel ons weet wanneer dit aangekondig word - ons moet ook onthou dat daar heelwat dinge gebeur onder die 7de seel waarvan alles die wraak van God en dat die verseeldes beskerm sal word hierdeur, alhoewel hulle nie beskerm gaan word van die Groot Verdrukking nie, want "Groot Verdrukking" behels juis verdrukking van die kinders van die Here!, en van alles stamme, nasies, volke en tale! (Openb. 7:9,13,14).  Wanneer ons lees in Openb. 19:7 " want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak", praat dit NIE VAN DIE KERK WAT GEREED IS NIE, want dit is duidelik uit die skrif dat nie alle Christene gereed gaan wees wanneer Jesus terugkom nie.  Die vrou van wie hier gepraat word, kan dus nie die kerk wees nie, want van die vrou  word gese dat sy "gereed IS".
Die kerk moet dus liewer nie van hulleself praat as die "bruid" wat haar gereed maak vir die bruidegom nie (want baie sal nie gereed wees nie, en wat die Skrif verklaar van die vrou, is dat sy GEREED IS!) - liewer is ons, "genooides","bruilofsgaste", "vriende", "diensknegte" wat hulleself gereed maak...en ander uitnooi na die bruilofsmaal.
  
------------------------------------------------------------------------  In Ef. 5:23 vind ons 'n vgl., "soos die man DIE HOOF IS van die vrou, so CHRISTUS DIE HOOF van die gemeente" - dit praat van die feit dat ons ondergeskik gestel is aan die Here en aan Hom onderdanig moet wees - praat dus eerder van die kerk as "diensknegte", nie as "die bruid" nie. 

Paulus sê in 2 Kor. 11:2 - "Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel" - L.W.:  "maagde" word met "diensknegte" vgl. in die skrif (lees ondertoe, Matt. 24:45-25:13), nie met "bruid" nie;  hy wil hulle dus aan Christus voorstel as reine "diensknegte" (die tema hier is, "REINHEID") - nie dat ons nie deel is van "die vrou" nie!, maar dat ons moet REIN wees.  Dit wys weer-eens op die ondergeskiktheid en onderdanigheid van die kerk aan Christus, en wys op die "regverdige dade" van die heiliges -  (vgl. dit met Openb. 19:8). Die deel "want ek het julle aan een man verbind", beteken tog wel dat ons deel is van die vrou, maar die klem op ons verbintenis met die Here om rein te lewe - baie Christene vandag bely dat hulle deel is van die bruid van Christus, maar leef in onreinheid soos mense wat glad nie verbind is aan Hom nie!  Ons moet verstaan wat hierdie skrif eintlik vir ons wil leer.  Die feit dat die Christene saam met Jesus gaan regeer in die 1000 jaar Ryk, en die Here Hom sal TROU aan die land Israel (kyk skrifte ondertoe), maak die skrif ook duideliker - ons is dus tot Hom verbind in die sin van DIENSKNEGTE (wat saam met Hom sal regeer);  maar dit geld net vir die "REINE DIENSKNEGTE".  
Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/dood-vir-die-wet.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------  
Daar is geen skrif in die Bybel wat direk verklaar dat die kerk die bruid van Christus is nie, maar wel 'n skrif wat se dat die stad Jerusalem dit is;  ook vele skrifte wat van die volk en land Israel praat as "die vrou".

Dus:  Wie is die bruid?

(Openb. 21:2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
(Openb. 21:9)  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. (l.w. dat die nuwe stad Jerusalem ook "die vrou" van die Lam genoem word, nie net Israel/land Israel nie).
(Openb. 21:10)  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
(Openb. 21:11)  en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen...

Ons weet dat die stad Jerusalem eers neerdaal op die nuwe hemel en aarde, na die 1000-jaar Ryk.  Dus moet daar onderskei word tussen die "bruilof van die Lam" wat met aanvang van die 1000 jaar plaasvind (wanneer Jesus Homself sal trou aan die land Israel), en  die "vrou" en "bruid" van die Lam (die nuwe stad Jerusalem)(wat aan die einde van die 1000 jaar op die nuwe hemel en aarde sal neersak).  Wanneer ons egter praat van die VROU, dan verwys die skrif nie net na die nuwe stad Jerusalem nie, maar ook na die land Israel, self!  (kyk skrifte onder).  In O.T. skrifte word ook van ISRAEL gepraat as die Lam se VROU.  In hierdie sin kan die Here "wat trou met die land",  gepaardgaan met die "bruilof van die Lam", wanneer die Here 'n feesmaal berei:  (Jes. 25:6)  "En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn". (vgl. dit met die gelykenis van die koning wat vir sy seun 'n bruilofmaal voorberei het - Matt. 22)

-------------------------------------------------(Openb. 19:7)  "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak".  Openb. 19:8 - "En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges".  Ons lees hier die aankondiging van die BRUILOF VAN DIE LAM, (net voor die "wederkoms"), wat ook vir ons beskryf word in Openb. 19.   Wat behels die bruilof van die Lam regtig?;  wanneer gaan hierdie bruilof plaasvind en wie is die bruid? Soos enige ander eindtyd onderwerp, is daar ook rondom die onderwerp sekere dinge wat nie so duidelik is nie. Tog laat die skrif ons nie heeltemal in die duister nie.     

Die beeldspraak van "bruidegom en bruid", was graag deur die Ou Testamentiese profete gebruik om 'n gevoel uit te beeld oor hoe Jerusalem 'n puinhoop sal word, of hoe die Here Hom weer sal ontferm oor die land, bv.
-(Jer 7:34 - "En Ek sal uit die stede van Juda en uit die strate van Jerusalem laat ophou die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid; want die land sal ‘n puinhoop word");
-(Jer 16:9 - "Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid");
-(Jer 33:11 - "die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! —van die wat ‘n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE");
-(Joe 1:8 - "Weeklaag soos ‘n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met ‘n roukleed omgord is");
-(Jes. 62:5 - "Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees").   -   hulle het die verlatenheid van die land, vgl. met die stem van die bruidegom en die stem van die bruid wat stil geword het;  en hulle sien uit na hoe die Here die lot van die land weer gaan verander en "soos die bruidgom bly is oor die bruid, so sal God bly wees oor Jerusalem".  Dit was dus vir die Jode 'n relatief bekende begrip en iets waarna hulle uitgesien het wanneer die Here Sy volk terugbring in hulle land en die land herstel.   (Isa 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.(Isa 62:4)  Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees.(Jer 2:2)  Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die HERE: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in ‘n onbesaaide land.(Hos 2:15-19) En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie. Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie. Verder sluit Ek in dié dag vir hulle ‘n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus. En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.  Dit is met hierdie prentjie wat die Jode grootgeword het;  die woorde van die profete, uitgespreek oor die tyd wanneer die Here Sy (fisiese) koninkryk gaan verwek (l.w., "op aarde") en Hy hulle eerste Liefde sal wees...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus het baie gelykenisse vertel rondom die "koninkryk van die hemele" - ons vind ook die tema van "bruidegom en bruid" in sekere van hierdie gelykenisse, en tereg, want dit maak net sin gesien die geskiedenis daaragter:
In Matt. 22 het Jesus die koninkryk van die hemele vgl. met: (:2) " ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het:(:3)  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie:

(Mat 22:4)  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
(Mat 22:5)  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.
(Mat 22:6)  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.
(Mat 22:7)  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
(Mat 22:8)  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
(Mat 22:9)  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
(Mat 22:10)  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
(Mat 22:11)  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie.
(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies".  -( Dink aan God as die Vader, wat vir Sy Seun, Jesus Christus, 'n bruilof berei.  Sy diensknegte word uitgestuur om die genooides te roep, maar hulle wou nie kom nie. Weer het Hy ander diensknegte gestuur , maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie en weggegaan na hulle "eie dinge waarmee hulle besig is". Die origes het Sy diensknegte gegryp, mishandel en doodgemaak.  Die koning  raak kwaad en stuur Sy manskappe om die moordenaars om te bring en hulle stad aan die brand te steek .  Dan, omdat die genooides dit nie werd was om na die bruilof te kom nie, stuur Hy Sy diensknegte uit op die kruispaaie om enige iemand uit te nooi.  En alhoewel die bruilofsaal vol geword het van slegtes sowel goeies, kon hulle net daar wees op voorwaarde dat hulle elk 'n bruilofskleed aan het. Die een sonder bruilofskleed, word weggewerp...(Mat 22:14) (oordeel van gelowiges) (Want baie is geroep, maar min uitverkies...).  Dink aan  Jesus as die BRUIDEGOM en dan is daar 'n bruilof wat wag!  
-  WIE IS DIE DIENSKNEGTE? - die wat vir God werk, wat aangestel is om mense te nooi
-  WIE IS DIE GENOOIDES?  - Om dit nog beter te verstaan, moet die vorige hoofstuk ook gelees word. Jesus verduidelik vir die owerpriesters en Fariseërs dat, omdat hulle die diensknegte verwerp het, oplaas die huisheer se seun sal verwerp,  die koninkryk van God van hulle af weggeneem sal word en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan dra. Hulle was die genooides wat "dit nie werd was nie".  (vgl. dit gerus met Hand. 13:46).

WAT HET VEROORSAAK DAT HULLE NIE "GEREED WAS VIR DIE BRUILOF NIE"?  
-  Hulle was TE BESIG MET HULLE LEWENS.  (Kyk skrifte ondertoe waarin dieselfde rede voorgehou word hoekom sekere diensknegte nie gereed sal wees vir die bruilof nie).


---------------------------------------------

Kom ons kyk  na die gelykenis van die 10 maagde - hierdie gelykenis was 'n vgl. om iets anders te verduidelik, nl. dat wanneer die bruidegom terugkom, sommige diensknegte nie "besig sal wees met die regte dinge" nie:

(Mat 24:45)  Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
(Mat 24:46)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier BESIG SAL VIND.
(Mat 24:47)  Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
(Mat 24:48)  Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—
(Mat 24:49)  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
(Mat 24:50)  dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;
(Mat 24:51)  en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 25:1)  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
(Mat 25:2)  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
(Mat 25:3)  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
(Mat 25:4)  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
(Mat 25:5)  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
(Mat 25:6)  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
(Mat 25:7)  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
(Mat 25:8)  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
(Mat 25:9)  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
(Mat 25:10)  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. EN DIE WAT GEREED WAS, HET SAAM MET HOM INGEGAAN NA DIE BRUILOF, EN DIE DEUR IS GESLUIT.
(Mat 25:11)  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
(Mat 25:12)  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
(Mat 25:13)  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie. - (vgl. dit gerus met die brief aan die gemeente van Sardis - Openb. 3:1-6) (Ook in hierdie gedeelte is dit duidelik dat Jesus die BRUIDEGOM is.  Dit is ook duidelik dat wanneer daardie "dag van die Here" plaasvind, niemand meer tyd sal he om "gereed te maak" vir die bruilof nie.  Iets anders wat uitstaan, is dat Jesus die gelykenis gebruik om te verduidelik hoe dit sal wees vir die wat "meer besig is met die lewe, as met die Here".  
- Wie is die diensknegte?  -werk vir die Here en is oor Sy diensvolk aangestel om hulle hul voedsel op die regte tyd te gee.
- Wie is die maagde? - die vgl. is met die diensknegte, dus diensknegte. Vgl. dit met (2 Kor. 11:2) waar Paulus met die kerk praat:  Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.  
----------------------------------------------------
Kyk ook die volgende skrifgedeelte (wat ooreenstem met Matt. 22):

(Luk 14:16)  Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.
(Luk 14:17)  En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.
(Luk 14:18)  En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ‘n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.
(Luk 14:19)  En ‘n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
(Luk 14:20)  En ‘n ander een het gesê: Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.
(Luk 14:21)  En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.
(Luk 14:22)  En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.
(Luk 14:23)  Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
(Luk 14:24)  Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.
(Luk 14:25)  En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:
(Luk 14:26)  As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
(Luk 14:27)  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
(Luk 14:28)  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —
(Luk 14:29)  sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot
(Luk 14:30)  en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
(Luk 14:31)  Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?
(Luk 14:32)  Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
(Luk 14:33)  So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. - (In hierdie gedeelte word die "maaltyd" spesifiek genoem.  Weer-eens sien ons die belangrikheid van dat ons "meer besig moet wees met die Here as met die lewe".  Jesus sê in soveel woorde dat ons niks bo Hom moet stel nie, ook dat "niemand wat nie afsien van al sy besittings, Sy dissipel" kan wees nie...). 
--------------------------------------------------

(Luk 12:31)  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
(Luk 12:32)  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
(Luk 12:33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
(Luk 12:34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
(Luk 12:35)  LAAT JULLE HEUPE OMGORD WEES EN JULLE LAMPE AAN DIE BRAND.
(Luk 12:36)  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
(Luk 12:37)  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.
(Luk 12:38)  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.
(Luk 12:39)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.
(Luk 12:40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
- Wie is die diensknegte?  -gelowiges met wie Jesus hier praat, die wat die koninkryk gaan erf
- weer-eens in hierdie gedeelte, verduidelik Jesus vir hulle wat dit beteken om "besig te wees", ("wakker te  wees")( "die wat hulle lewe verloor, sal dit wen").
-  In die skrifgedeelte word verwys dat die bruidegom "van die bruilof af terugkom" - die dienskneg wat wakker gevind word, sal dan saam met Hom maaltyd hou. 
(-  L.w., ook in hierdie gedeelte die belangrikheid van die diensknegte wat moet GEREED WEES, "meer besig  met die Here as met die lewe", en dat dit die ding is waarop ons moet let!).
-----------------------------------------
(Jes. 25:1)  HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.
(Jes. 25:2)  Want U het van ‘n stad ‘n hoop klippe gemaak, van ‘n versterkte vesting ‘n puinhoop; ‘n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie. 
(Jes. 25:3)  Daarom sal ‘n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.
(Jes. 25:4)  Want U was ‘n vesting vir die arme, ‘n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; ‘n skuilplek teen die stortreën, ‘n skaduwee teen die hitte—want die geblaas van die tiranne is soos ‘n stortreën teen ‘n muur.
(Jes. 25:5)  Soos hitte in ‘n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van ‘n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.
(Jes. 25:6)  En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg (Sion in Jerusalem?- 24:23) vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
(Jes. 25:7)  En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
(Jes. 25:8)  Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.
(Jes. 25:9)  En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp. -die gebeurtenis speel af na die wederkoms - sien vorige hoofstuk.  Ons sien hier hoe Jesus vanuit Jerusalem sal regeer.  Vgl. v. 2 met Matt. 22:7.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-(Mat 9:15)  "En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas"  -  (Jesus het self gesê dat ons die BRUILOFSGASTE is...).

-Johannes het homself "die vriend van die bruidegom" genoem (Joh. 3:29).

=================================================================================


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking