Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket die afval. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket die afval. Wys alle plasings

Woensdag 09 Augustus 2017

Want eers moet die AFVAL kom

Paulus skryf aan die gemeente van Thessalonicense (2 Thess. 2:1-3) dat hulle hul nie moet laat mislei deur te dink dat die dag van Christus (Sy wederkoms) al daar is nie, want die wederkoms gaan nie plaasvind voor
die AFVAL 
en die mens van sonde openbaar is nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DAAR IS 2 DEFINITIEWE FEITE WAT HIER UITGELIG WORD WAT SAL PLAASVIND VOOR JESUS CHRISTUS TERUGKOM:
- (1)  EERS MOET DIE AFVAL KOM
- (2)  EN DIE MENS VAN SONDE SAL OPENBAAR WORD.

Maar wat is hierdie "afval" waarna Paulus hier verwys?, 
en wat kan ons leer uit ander skrifgedeeltes wat oor hierdie onderwerp handel?
========================================================================
Ten eerste moet ons gaan kyk na die konteks van die skrif.  In konteks gaan dit oor hoe God vir hulle verligting sal gee (van hulle verdrukking), met Jesus se wederkoms,  MAAR hulle moet nie te gou verstand verloor of verskrik word asof die dag van Christus al daar is nie!  En ook nie toelaat dat iemand hulle mislei deur te glo dat die wederkoms, EN ONS VERENIGING MET HOM, sal plaasvind alvorens "die afval", en "die mens van sonde geopenbaar word" nie.
========================================================================

Die woord "afval" in 2 Thess. 2:3, is die griekse woord, "apostasia", wat beteken "falling away, forsake".

========================================================================
Die woord "afval" wat  gebruik word in 2 Thess. 2, is NIE dieselfde griekse woord wat gebruik word as bv. in die gelykenis van die saaier (Luk 8:13), Heb. 3:12, of 1 Tim. 4:1 nie.  Alhoewel dit ook in al die gevalle "fall away" beteken, is die geval van "afvalligheid" in die ander skrifte waar iemand "homself onttrek, of die geloof verlaat" (dit gaan dus oor die Christen met 'n bose of ongelowige hart). Maar daar kan wel 'n verband wees tussen die "afval" van 2 Thess. 2 en die afval waarna verwys word in hierdie ander skrifte, want selfs in 2 Thess. 2 sien ons dat die afvalliges die is wat die leuen glo en 'n behae het in ongeregtigheid (v. 11,12).  Wat ons dus kan leer uit 2 Thess 2 is dat hierdie AFVAL ook geskied by die wat ongelowige en bose harte het, alhoewel dit nie noodwendig net na Christene verwys nie, maar ook na nie-Christene.  Hierdie "afval" sal egter nie plaasvind voor "hy wat nou teehou, uit die weg geruim is" nie (2 Thess. 2:7). Die "hy" waarna verwys word in v. 7 is iets waaroor geleerdes al lank redeneer, en elkeen maak hulle eie afleiding op priesies waarna die "hy" verwys.  Meeste is van mening dat dit verwys na die kerk van Christus (meer presies die koring, nie die onkruid nie) - die wat die woord bewaar en vashou. As die "hy" inderdaad verwys na die koring, kan dit sekerlik verwys na vervolging en verdrukking waardeur die koring uit die weg geruim word... Of dit kan dalk eerder verwys na die offer wat weggeneem gaan word en die verwoesting van die heilige plek!? (wat dan tot gevolg sal he dat ‘n leër aan die horing oorgelewer word in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en die waarheid sal op die grond neerwerp word... (Dan. 8:12)).  As die "hy" inderdaad verwys na die offer wat weggeneem word en die heilige plek wat verwoes word, dan klop dit met die feit waarom baie geleerdes reken dat "afval" verwys na die gruwel van verwoesting (Mark. 13:14; Dan. 8:11-13).

Die woord "afval" in 2 Thess. 2 verwys dus nie noodwendig na 
- (1) Christene wat afvallig word a.g.v. bose of ongelowige harte nie, maar kan ook verwys na 
- (2) nie-Christene (in die sin van dat die sonde en ongeregtigheid vol word);  maar kan ook verwys na 
- (3) iets wat verlate ("forsake") gestel word (soos in die geval van die gruwel wat opgerig sal word).  

Dit is egter 'n feit dat "in die laaste dae" sommige gelowiges wel van die geloof afvallig sal word en hulle onttrek van die geloof en die waarheid (1 Tim. 4:1)!  En l.w. die dinge wat genoem word in 1 Tim. 4...
Wat word van die afvalliges gesê in 1 Tim. 4:1-8?
-  Hoe word hulle "afvalligheid" verduidelik?
-  hulle hang verleidende geeste aan;
-  hulle hang leringe van duiwels aan, wat "verbied om te trou", en "mense gebied om hulle te onthou van voedsel wat God geskape het";
-  en hulle gee meer aandag aan dinge soos liggaamlike oefening, as om hulleself te oefen in die godsaligheid.
========================================================================